Skip to content

SA WRITERS: Eugène Marais Mystery Cache

Hidden : 4/19/2016
Difficulty:
2.5 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   small (small)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:

Hierdie skrywers reeks is geskep as deel van die jaarlikse kuns en kultuurfees ervaring wat op Oudtshoorn aangebied word.

**DIE CACHE IS NIE BY DIE GEGEWE KOöRDINATE NIE**

Merkwaardige digter, ’n politieke rebel, invloedryke joernalis, kenner van dieregedrag, prokureur, kampvegter vir Afrikaans, sterrekundige, “wonderdokter”, prospekteerder, storieverteller, swerwer en dwelmverslaafde. Ten spyte van min formele opleiding, ’n totale gebrek aan fondse en geen ondersteuningsbasis nie het hy wetenskaplike navorsingsresultate gelewer wat eietydse natuurkenners steeds verstom.

Eugène Nielen Marais is op 9 Januarie 1871 in Pretoria gebore as die dertiende en jongste kind van Jan Christiaan Nielen en Catharina Marais. Die grootste deel van sy skoolopleiding ontvang hy in Engels onder andere in Pretoria en Boshoff in die Vrystaat en voltooi sy matriekeksamen op 16-jarige ouderdom in die Paarl . In 1890 word hy, skaars 19 jaar oud, een van die jongste redakteurs in ons land se geskiedenis toe hy aangestel word as redakteur van Land en Volk. Hy trou in 1894 met Lettie Beyers, ’n aantreklike Boeremeisie van Natal, maar agt dae ná die geboorte van hulle eersteling sterf sy aan kraamkoors. Die dood van sy vrou en albei sy ouers binne net meer as ’n jaar is moontlik van die belangrikste redes hoekom Marais besluit het om elders van voor af te begin. Hy vertrek oorsee om in Engeland as regstudent in Londen te gaan studeer. Die gebruik van opium was in daardie tyd in Londen sosiaal aanvaarbaar, selfs in die hoogste kringe, en Marais begin dit ook gebruik.

Sy veeleisende studies in die regte hou hom nie besig genoeg nie. Hy begin ’n studie maak van slange en slanggif, hy verdiep hom benewens hipnotisme ook in medisyne en die Egiptologie, begin hiërogliewe ontsyfer, en hou ’n sjimpansee in sy losieskamer aan vir navorsing. In 1902 verwerf hy sy graad in die regte, maar druip verskeie kere sy finale toelatingseksamens as advokaat voordat hy egter toegelaat word.

Na drie jaar as suksesvolle advokaat en invloedryke koerant eienaar verlaat hy sy praktyk en verkoop sy koerant en gaan woon saam met Alec Austen in die berge om bobbejane te bestudeer. Hy kry werk by Union Tinmyn as myndokter, regsadviseur en padboutegnikus, en begin hom ingrawe in die geheime lewe van termiete. Hy bestudeer ook slange, probeer met perde teel, prospekteer en skryf gedigte.

‘n Minder bekende feit is dat hy ook hegte vriendskapsbande met Sir Percy Fitzpatrick en Lord Milner gehad.

Die legendariese Marais sterf in 1936.

S33º(C)9.93(B) E2(B)º(N).34(C)
--> ABCDEF ... = 123456...

BRON: www.litnet.co.za/eugne-marais-1871-1936-n-lewensoorsig

Additional Hints (Decrypt)

Lrf, ng fbzr ebpxf! OLBC

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)