Skip to content

IJkbasis Loenermark EarthCache

Hidden : 8/13/2009
Difficulty:
1 out of 5
Terrain:
3 out of 5

Size: Size:   other (other)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:


Nederlands (Hartelijk dank aan De Wijngemachtigde voor de vertaling) English

In die hartjie van die natuurgebied "De Loenermark" is 'n standaardbasis wat in 1955-57 opgerig is. Dit is in 2000 laat vaar en is op 14 Februarie 2008 tot nasionale monument verklaar.

Die standaardbasis is 'n lyn, afgemerk deur 'n aantal betonpilare, waarvan die lengte noukerig bekend is (destyds 576.09226m +- 0.00003m). Dit was gebruik as die basislyn vir driehoeksmeting asook vir die kalibrering van meet- en ander wetenskaplike instrumente (in besonder, die 24m invardrade wat in Nederlandse landmeting gebruik word).

Destyds is die basis verwag om vir ongeveer 200 jaar diens te doen (voordat GPS-tegnologie dit in 2000 oorbodig gemaak het). Om vir so 'n lang tyd bruikbaar te wees, is dit van uiterste belang dat die betonpilare (of, om presies te wees, die ondergrondse boute onder die pilare) nie relatief tot mekaar (sodat die afstand tussen die boute nie verander nie) of die omgewing (om akkurate driehoeksmeting te verseker) beweeg nie.

Om hierdie rede moet die standaardbasis op 'n geologiese stabiele plek gebou word. Dit beteken dat die grond self stabiel moet wees, asook die onderliggende tektoniese plate. 'n Aantal studies is van stapel gestuur om te bepaal watter gebied in Nederland geskik sou wees vir die standaardbasis, en die Loenermark is uitgewys as die mees stabiele gebied:

  • Tot op 'n diepte van ongeveer 50m bestaan die grond hoofsaaklik uit sand- en gruislae, met amper geen klei- of leemgrond nie. Dit laat die grond toe om te konsolideer - met ander woorde, die gronddeeltjies kan maklik digter teen mekaar saamkoek sonder om die struktuur van die grond te versteur - wat die grond toelaat om geologiese spannings te absorbeer. In ongekonsolideerde grond (soos klei) sal druk veroorsaak dat die grond skuif (en sodoende die struktuur verbreek) en sodoende sal die standaardbasis se merkers in die grond ook skuif.

  • Daar is geen onderliggende foutlyne in die omgewing nie, dus is die kans skraal dat aarbewings onderlinge beweging in die grond sal veroorsaak. Daar is inderdaad geen aarbewings in die Loenermark aangeteken in die onlangse geskiedenis nie.

  • Die omgewing is baie gelyk - oor die basislyn van 576m is die hoogteverskil maar 2m. Dit het die noukeurige konstruksie van die pilare noemenswaardig vergemaklik. 

  • Die onderliggende tektoniese plaat is byna bewegingloos. 'n Studie van die relatiewe beweging van Nederlandse verwysingspunte het aangedui dat die tektoniese plaat besig is om na die Noordsee oor te hel - dit wil sê, die noord-westelike deel van die land is besig om weg te sink (teen ongeveer 0.9mm/jaar), terwyl die suid-oostelike deel oplig teen ongeveer dieselfde tempo. Die Loenermark lê min of meer tussen hierdie twee ekstreme, sodat dit byna geen vertikale beweging ondervind nie. ('n Naïewe model is om die noord-westelike deel van die land as die een kant van 'n wipplank te sien, en die suid-oostelike deel as die ander kant. Die Loenermark lê dan naby die middel van die wipplank.)

Bronnelys:

  • Standard base "Loenermark", G.J. Bruins, Nederlandse Commissie voor Geodesie 13 (http://www.ncg.knaw.nl/Publicaties/Groen/pdf/13Bruins.pdf)
  • Geodetic Work in the Netherlands 1991-1994, Nederlandse Commissie voor Geodesie (http://www.ncg.knaw.nl/Publicaties/GeodeticWork/1991- 1994_GeodeticWorkNL.pdf)
  • Ijkbasis Loenermark - van instrument tot monument (http://geoinformatie.hosting.indicia.nl/site/Components/FileCP/Download.aspx? id=95167c80-2c77-4d31-b11b-66beeb6fbcef)
  • Hollandse Cirkel (http://www.hollandsecirkel.nl/geod_monum_loenermark.htm)
  • Wikipedia (http://en.wikipedia.org/wiki/Consolidation_(soil) and http://nl.wikipedia.org/wiki/IJkbasis)

Om hierdie Aardcache te log, moet jy die volgende take afhandel:

  • Neem 'n foto van jouself, met jou GPS duidelik sigbaar, voor die mees westelike groen konstruksie wat jy sien. Die konstruksie is nie deel van die basislyn self nie, maar is gebruik om teleskope en kalibreringsinstrumente op te monteer.
     
  • Plaas jou GPS of 'n kompas bo-op een van die pilare, en rig dit parallel met die basislyn, soos gemerk deur die ander pilare. Neem 'n koerslesing en neem 'n foto van die kompas/GPS in daardie posisie met die lesing sigbaar. Omdat die basislyn direk oos-wes gerig is, behoort jy 'n lesing van 90 grade te kry. Indien dit nie so is nie, gebruik die basislyn vir een van sy oorspronlike funksies - kalibrasie!

  • Die boute wat beide kante van die basislyn afmerk is in ondergrondse kelders geleë, en nie op die oppervlak of op die pilare self nie. Hoekom dink jy is dit die geval?

Heg die twee foto's by jou log by, en stuur vir my die antwoord tot die vraag in 'n private e-pos (jy kan my via my geocaching profielblad kontak).

Alle foto's is verskaf deur die Departement van Ruimtelike Informasie van die Apeldoorn munisipaliteit. Kopiereg voorbehou.

Additional Hints (No hints available.)