Skip to content

Tonteldoos VIII – Vredesboom Traditional Geocache

Hidden : 5/1/2008
Difficulty:
3.5 out of 5
Terrain:
1.5 out of 5

Size: Size:   large (large)

Join now to view geocache location details. It's free!

Watch

How Geocaching Works

Please note Use of geocaching.com services is subject to the terms and conditions in our disclaimer.

Geocache Description:


This is no 8 in the "Tonteldoos" series and contains one of the 18 clues to the final cache in the series that was placed on the Easter weekend of 2009.

There are 18 Tonteldoos Caches all over South Africa and in every one you will find a clue in the sense of the name of a well known Afrikaner/Boer. The code will provide assistance to the coordinates of the Great Cache GC1PKBF, which was hidden in the vicinity of Tonteldoos. (The clue for the final Tontedoos is in the back of the logbook)

Dit is nr 8 in die Tonteldoos-reeks en bevat een van die 18 leidrade vir die finale cache in reeks wat geplaas was oor die Paas naweek van 2009.

Daar is 18 Tonteldoos skatte regoor Suid Afrika en in elkeen 'n leidraad in die vorm van die naam van een of ander bekende Afrikaner/Boer. Hierdie leidrade moet versamel word om die leidrade van die finale skat te ontsyfer. Daardie kode sal die koördinate aandui van die Groot Skat GC1PKBF, wat iewers naby Tonteldoos weggesteek was. (Die leidraad vir die finale Tonteldoos kan gevind word agter in die nota boek)

Peace-tree history/ Vredesboom geskiedenis:

On 15 January 1864 the Transvaal Civil War ended under the shadows of a big Karee tree at Silkaatsnek near the town Brits. This old tree, where the leaders discussed and deliberated the peace treaty, was declared a historical monument in 1961 and a plaque was erected to commemorate the event.

Op 15 Januarie 1864 het die Transvaalse Burger Oorlog geëindig in die skaduwee van n enorme ou Kareeboom in Silkaatsnek naby die huidige dorp Brits. Hierdie ou boom waaronder die strydende leiers byna n week beraad-geslaag het om vrede te maak is in 1961 tot n historiese gedenkwaardigheid verklaar en n gedenkplaat is daarop aangebring.

The original karee tree where the Transvaal Civil War ended on the 15 January 1864 died as a result of the branches touching high voltage lines but new branches started the current tree.

Die karee-vredesboom waar die Transvaalse Burgeroorlog op 15 Januarie 1864 beeindig is het doodgegaan nadat hy aan hoogspanningsdrade geraak het en nuwe lote het die huidige boom gevorm.

Just a few South Africans are aware of the fact that the Transvaal Republic had its own civil war. This Civil war lasted two years at a cost of eight soldiers and one civilian who died, and a total of 30 soldiers with injuries.

Min Suid Afrikaners weet waarskynlik deesdae dat die Tranvaalse Republiek sy eie Burgeroorlog gehad het. Die broeder twis het twee jaar lank geduur en het die lewens geeis van agt krygsmanne en een burgerlike. Altesame is 30 soldate gewond.

The Transvaal Republic was divided in four regions; Potchefstroom, Rustenburg, Lydenburg and Soutpansberg. A dispute developed between two groups (Government army and the Rebellion army) for the Presidents position. The leaders of the groups were W.C. Janse van Rensburg and Stefanus Schoeman.

In 1860 was die Transvaalse Republiek verdeel in vier verskillende gebiede nl. Potchefstroom, Rustenburg, Lydenburg en Soutpansberg. n Rusie het ontstaan tussen die Volksleer en die Staatsleer vir die posisie van Presidentskap, die groepe was aangevoer deur W.C. Janse van Rensburg en Stefanus Schoeman.

The Government army under the leadership of Paul Kruger and Pres. Van Rensburg gathered at Rustenburg to attack the Rebellion army situated in Pretoria but Schoeman and Viljoen were informed about the attack and moved out of Pretoria to meet them on the way to Pretoria. Pres. van Rensburg and Paul Kruger put up camp between the Krokodil River and Swartkoppies while the Rebellion put up camp at Silkaatsnek.

Die Staatsleer onder leiding van Paul Kruger en Pres. Van Rensburg het by Rustenburg byeengekom sodat hulle teen die rebelle in Pretoria kon optrek en tot oorgawe dwing. Schoeman en Viljoen het hiervan tehore gekom en hulle vanuit Pretoria tegemoet gegaan. Pres. Van Rensburg en Paul Kruger het hulle laer tussen die Krokodilrivier en Swartkoppies getrek, terwyl die rebelle hulle laer in Silkaatsnek getrek het.

The main battle started at this site on 5 January 1864. Pres. M.W. Pretorius (pres. of the Vrystaat) arrived at the battle field to help with a temporary peace. A ceasefire was immediately established by Paul Kruger between the two groups.

Op 5 Januarie 1864 het die groot geveg begin. Terwyl die geveg nog aan die gang was, het pres. M.W. Pretorius (pres. Van die Vrystaat) na die gevegsterrein aangejaag gekom en as vrede maker opgetree. Wapenstilstand, wat grotendeels deur Paul Kruger bewerkstellig is, is dadelik tussen die twee groepe gesluit.

The two groups had negotiated for days under the shadow of this Karee tree until they signed the peace treaty on 15 January 1864. This historical event happened on the family farm Hartbeesfontein and is still owned by the Briel family.

Dae lank het die twee partye in die skaduwee van die kareeboom onderhandel totdat die formele vredesverdrag op woensdag, 15 Januarie 1864, onderteken is. Dit alles het plaasgevind op die geskiedkundige ou familieplaas Hartbeesfontein, wat nog steeds in besit van die Briel-familie is.

Original cache contends:
Brass canon
Small pot
Horse shoe
Glass bottle
Lamp
Small Leather shoes
Photos of peace treaty (given by farm owners)
Photo of Paul Kruger
Logbook and pen

Additional Hints (Decrypt)

Qb fbzr svfuvat orgjrra lbhefrys naq gur snez navznyf.

Decryption Key

A|B|C|D|E|F|G|H|I|J|K|L|M
-------------------------
N|O|P|Q|R|S|T|U|V|W|X|Y|Z

(letter above equals below, and vice versa)